Die Regverdige en Vriendelike God

Quotes from God’s Word

Quotes from God’s Word.
“14  Wat moet ons hieruit aflei? Dat God onregverdig is? Beslis nie!
15 Vir Moses het Hy gesê: « Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. » 16 Dit hang dus nie af van ‘n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.
17 In die Skrif sê God immers vir die farao: « Juis hiervoor het Ek jou teen My in opstand laat kom: dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word. » 18 Dit is dus inderdaad so dat God Hom ontferm oor wie Hy wil, en dat Hy verhard wie Hy wil.
19 Nou sal jy vir my sê: « Maar waarom verwyt Hy ons dan nog? Wie kan tog teen sy wil ingaan? »
20 Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: « Waarom het jy my so gemaak? » 21 Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?
22 En as God dieselfde wou doen? Hy wou sy toorn laat sien en sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van sy toorn, die mense wat reg was om verdelg te word, met groot geduld verdra. 23 So sou Hy ook die rykdom van sy heerlikheid bekend maak oor die voorwerpe van sy ontferming, die mense wat Hy vantevore voorberei het om aan sy heerlikheid deel te hê. 24 En onder hulle is ook ons, wat Hy nie net uit die Jode nie, maar ook uit die ander nasies geroep het.” (Romeine 9:14-24 AF83)

+

Vrucht van rechtvaardigen en Vredestichters

Aanhalings uit God se Woord

“17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. 18 En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.” (Jakobus 3:17-18 AFR1953)

“Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.” (Hebreers 12:11 AFR1953)

“Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon.” (Spreuke 11:18 AFR1953)

“En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.” (Jesaja 32:17 AFR1953)

“22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 23 Teen sulke dinge is die wet nie.” (Galate 5:22-23 AFR1953)

“Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ’n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.” (Hosea 10:12 AFR1953)

“Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.” (Galate 6:8 AFR1953)

“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.” (Romeine 14:17 AFR1953)

“Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.” (2 Korinthiërs 5:16 AFR1953)

“vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.” (Filippense 1:11 AFR1953)

“Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.” (Spreuke 11:28 AFR1953)

“Die vrug van die regverdige is ’n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.” (Spreuke 11:30 AFR1953)

“Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” (Mattheüs 5:9 AFR1953)

“En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.” (Johannes 4:36 AFR1953)

“9  En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, 10 om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, 11 vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.” (Filippense 1:9-11 AFR1953)

“Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is —  ’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,” (1 Petrus 1:6 AFR1953)

“Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.” (2 Timotheüs 4:8 AFR1953)

 

Bybeltekste oor die liefde en vrede wat in die vergadering gedeel moet word

 

“Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.” (Jakobus 3:17 AF83)
“11 « As julle in ‘n stad of dorp kom, stel dan vas by wie julle daar kan tuis gaan en bly by hom totdat julle die reis voortsit. 12 As julle in die huis kom, wens die mense vrede toe. 13 As die huismense se gesindheid goed is, handhaaf julle vredewens vir die huis. Maar as hulle nie goedgesind is nie, trek julle vredewens dan terug.” (Mattheüs 10:11-13 AF83)

“En sê vir hom: Gesondheid en voorspoed vir u en u familie en alles wat u besit!” (1 Samuel 25:6 AF83)

“7 Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings. 8 Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe.” (Psalms 122:7-8 AF83)

“23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. 24 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25 Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” (Hebreers 10:23-25 AF83)

“Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.” (Romeine 5:10 AF83)

“Deur sy dood aan die kruis het Hy ‘n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig.” (Efesiërs 2:16 AF83)

 

Paulus se vermaning tot eenheid in liefde

“1  Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus. 2 Aan almal in Kolosse wat aan God behoort, getroue broers in Christus. Genade en vrede vir julle van God ons Vader!” (Kolossense 1:1-2 AF83)

“7 Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en ‘n getroue dienaar van Christus in julle belang. 8 Dit is ook hy wat ons vertel het van die liefde wat deur die Gees in julle gewek is.

9  Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10 sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11 Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

12  Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.” (Kolossense 1:7-12 AF83)

“20 en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. 21 Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.” (Kolossense 1:20-21 AF83)

“” ( AF83)

“Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.” (Kolossense 1:23 AF83)

“Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.” (Kolossense 1:28 AF83)

“2 My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus, 3 en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind.” (Kolossense 2:2-3 AF83)

“6 Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, 7 in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.” (Kolossense 2:6-7 AF83)

“11 Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. 12 Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.” (Kolossense 2:11-12 AF83)

“13  Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. 14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.” (Kolossense 2:13-14 AF83)

“1  Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3 want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4 Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.” (Kolossense 3:1-4 AF83)

“5  Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. 6 Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. 7 Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het.

8  Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie, 9 en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. 11 Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.” (Kolossense 3:5-11 AF83)

“12  Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.” (Kolossense 3:12-14 AF83)

“15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16 Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” (Kolossense 3:15-17 AF83)

“23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24 omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.” (Kolossense 3:23-24 AF83)

“2  Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar 3 en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons ‘n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. 4 Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is.” (Kolossense 4:2-4 AF83)

“Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.” (Kolossense 4:6 AF83)

 

Jesus se hoëpriesterlike gebed vir eenheid

 

 

Aanhalings Uit Die Bybel, God se Woord

“1  Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: « Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 2 U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee. 3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” (Johannes 17:1-3 AF83)

“6  « Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord ter harte geneem. 7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom; 8 want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee. Hulle het dit aangeneem en tot die oortuiging gekom dat Ek waarlik van U gekom het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

9 « Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. 10 Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik.” (Johannes 17:6-10 AF83)

“Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. « Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees.” (Johannes 17:11 AF83)

“15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. 16 Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie.

17  Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. 18 Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur;” (Johannes 17:15-18 AF83)

“20  « Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. 21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” (Johannes 17:20-21 AF83)

“22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.” (Johannes 17:22-23 AF83)

“25 « Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. 26 Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle. »” (Johannes 17:25-26 AF83)

 

Handelinge 10:34-48 Petrus wat gepraat het

 

Aanhalings uit God se woord.
“34  Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: « Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, 35 maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is. 36 Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het. Hierdie Jesus is Here van almal. 37 Julle weet ook van die gebeurtenisse dwarsdeur die hele Joodse land. Dit het in Galilea begin ná die doop wat Johannes verkondig het.
38 Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
39 « En ons is getuies van alles wat Hy in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het. Hulle het Hom doodgemaak deur Hom aan die kruis te hang. 40 Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn, 41 nie aan die hele volk nie, maar net aan ons vir wie God reeds gekies het om getuies daarvan te wees, ons wat ná sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet en gedrink het.
42 Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. 43 Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang. »
44  Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. 45 (10:45-10:46) Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is ook op mense wat nie Jode is nie.
En Petrus sê: 46 47 « Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water gedoop word? » 48 Toe het hy beveel dat hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop moet word. Daarna het hulle hom gevra om ‘n paar dae by hulle te bly.” (Handelinge 10:34-48 AF83)

‘N herder wat sy lewe vir ons gegee het

“7 Toe het Jesus verder gesê: « Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9 Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry.” (Johannes 10:7-9 AF83)

“ »Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.” (Johannes 10:11 AF83)

“15 net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16 Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17 « Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem.” (Johannes 10:15-17 AF83)

“ »God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Johannes 3:16 AF83)