Bybeltekste oor die liefde en vrede wat in die vergadering gedeel moet word

 

“Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.” (Jakobus 3:17 AF83)
“11 « As julle in ‘n stad of dorp kom, stel dan vas by wie julle daar kan tuis gaan en bly by hom totdat julle die reis voortsit. 12 As julle in die huis kom, wens die mense vrede toe. 13 As die huismense se gesindheid goed is, handhaaf julle vredewens vir die huis. Maar as hulle nie goedgesind is nie, trek julle vredewens dan terug.” (Mattheüs 10:11-13 AF83)

“En sê vir hom: Gesondheid en voorspoed vir u en u familie en alles wat u besit!” (1 Samuel 25:6 AF83)

“7 Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings. 8 Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe.” (Psalms 122:7-8 AF83)

“23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. 24 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25 Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” (Hebreers 10:23-25 AF83)

“Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.” (Romeine 5:10 AF83)

“Deur sy dood aan die kruis het Hy ‘n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig.” (Efesiërs 2:16 AF83)

 

Groei van liefde en maak vordering

 

Laat ons . . . deur liefde in alles groei. – Ef. 4:15.

Nadat ons gedoop is, moet ons almal die raad volg wat die apostel Paulus aan mede-Christene in Efese gegee het. Hy het hulle aangemoedig om “volgroeide” Christene te word (Ef. 4:13). Dit is ’n ander manier om te sê:

‘Hou aan om vordering te maak.’

Jy is alreeds baie lief vir Jehovah. Maar jou liefde vir hom kan sterker word. Hoe?

Die apostel Paulus noem een manier in Filippense 1:9.

 En ek bly bid dat julle liefde al hoe meer sal toeneem+ met akkurate kennis+ en goeie oordeel*+

Paulus het gebid dat die Filippense se liefde

“al hoe meer sal toeneem”.

So ons kan ons liefde vir Jehovah laat sterker word. Ons kan dit doen deur “akkurate kennis en goeie oordeel” te verkry. Hoe?

Hoe beter ons Jehovah leer ken, hoe meer kry ons hom lief en hoe meer waardeer ons sy persoonlikheid en manier van dinge doen. Ons begeerte om hom gelukkig te maak word sterker, en ons wil nooit iets doen wat hom sal teleurstel nie. Ons werk hard om te verstaan wat sy wil is en hoe ons daarmee kan saamwerk. w22.08 2-3 ¶3-4