Die Regverdige en Vriendelike God

Quotes from God’s Word

Quotes from God’s Word.
“14  Wat moet ons hieruit aflei? Dat God onregverdig is? Beslis nie!
15 Vir Moses het Hy gesê: « Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. » 16 Dit hang dus nie af van ‘n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.
17 In die Skrif sê God immers vir die farao: « Juis hiervoor het Ek jou teen My in opstand laat kom: dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word. » 18 Dit is dus inderdaad so dat God Hom ontferm oor wie Hy wil, en dat Hy verhard wie Hy wil.
19 Nou sal jy vir my sê: « Maar waarom verwyt Hy ons dan nog? Wie kan tog teen sy wil ingaan? »
20 Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: « Waarom het jy my so gemaak? » 21 Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?
22 En as God dieselfde wou doen? Hy wou sy toorn laat sien en sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van sy toorn, die mense wat reg was om verdelg te word, met groot geduld verdra. 23 So sou Hy ook die rykdom van sy heerlikheid bekend maak oor die voorwerpe van sy ontferming, die mense wat Hy vantevore voorberei het om aan sy heerlikheid deel te hê. 24 En onder hulle is ook ons, wat Hy nie net uit die Jode nie, maar ook uit die ander nasies geroep het.” (Romeine 9:14-24 AF83)

+